Brekende Nuus
Afrikaans

Vyf vissermanne dood na hulle uit bottels ter see drink

Vyf vissermanne dood na hulle uit bottels drink wat in see gevind is

fotokrediet: Canva
Vyf vissermanne dood na hulle uit bottels drink wat in see gevind is fotokrediet: Canva

Lees ook: Minstens 36 mense dood na drink van onwettige besmette drank

SRI LANKA. – Vyf vissermanne is dood en een is in kritieke toestand na hulle uit bottels gedrink het wat hulle in die see gevind het.

Die vissermanne het op 4 Junie vanaf die Tangalle-vissershawe vir ‘n lang visvanguitstappie geseil. Naby Sri Lanka het hulle bottels met ‘n onbekende vloeistof in die see sien dryf. Die vissermanne het gedink daar is alkohol in die bottels en het daarvan gedrink. Vier van die ses is dood kort na hulle die vloeistof gedrink het en een Sondag. Die sesde visserman is steeds in kritieke toestand.

Die voorval word ondersoek.

Bronne: BBC, The Independent, Daily Mirror

Lees ook: Minstens 36 mense dood na drink van onwettige besmette drank