Brekende Nuus
Afrikaans

Kamala Harris kry genoeg steun vir Demokratiese nominasie vir presidensiële resies

Kamala Harris kry genoem ondersteuning vir Demokratiese nominasie in presidensiële resies

fotokrediet: X
Kamala Harris kry genoem ondersteuning vir Demokratiese nominasie in presidensiële resies fotokrediet: X

Lees ook: Joe Biden onttrek uit presidensiële resies

VSA. – Die Amerikaanse visepresident, Kamala Harris, het volgens haar genoeg ondersteuning van Demokratiese stemgeregtigdes om die nominasie as hulle presidensiële kandidaat te kry.

Die stemgeregtigdes is persone wat gekies is om hulle verkiesingsgebied te verteenwoordig.

Sy moet die ondersteuning van 1 976 stemgeregtigdes hê om as presidentskandidaat te staan. Harris het gesê sy is trots dat sy soveel steun het en sien uit daarna om die nominasie formeel te aanvaar.

As die ondersteuning hou wanneer die stemgeregtigdes virtueel op 7 Augustus stem, sal sy die Demokrate se presidentskandidaat wees.

Dit volg na president Joe Biden onttrek het van die presidensiële resies en sy ondersteuning vir Harris uitgespreek het.

Bronne: IOL, BBC, X

Lees ook: Joe Biden onttrek uit presidensiële resies