Brekende Nuus
Afrikaans

KYK: Meteoriet stort glo vanoggend in see in Oos-Kaap – het jy dit beleef?

Foto: Skermgreep van video-opname Luister FM
Foto: Skermgreep van video-opname Luister FM

OOS-KAAP. – ‘n Meteoriet het glo vanoggend, omstreeks 08:45 met ‘n geraas in die see by Oesterbaai, in die Oos-Kaap, neergestort.

Volgens wat aangemeld is, is ‘n ontploffing in verskeie dorpe, selfs sover as Sedgefield, gehoor.

Die oorsprong van die video is onbekend, maar word gedeel en daar word gesê dit is in St. Francisbaai geneem.

Het jy foto’s, video-opnames of meer inligting oor die rare verskynsel?

Bronne: The Weather Hooligan, Luister FM, SA Reënvalverslae, en St. Francis Chronicle Newspaper