Brekende Nuus
Afrikaans

Vriende en ondersteuners hou nagwaak vir Pravin Gordhan se herstel

Vriende en ondersteuners hou nagwaak vir Pravin Gordhan se herstel
fotokrediet: Wikipedia
Vriende en ondersteuners hou nagwaak vir Pravin Gordhan se herstel fotokrediet: Wikipedia

Lees ook: Pravin Gordhan in hospitaal opgeneem

BRAAMFONTEIN. – Vriende, ondersteuners en mede-aktiviste, het gisteraand onder leiding van die Ahmed Kathrada-stigting en Defend our Democracy by Constitution Hill bymekaargekom om hulle ondersteuning vir oudminister Pravin Gordhan te wys en vir sy herstel te bid.

Dit volg na sy familie Dinsdag aangekondig het hy is in die hospitaal opgeneem. Die rede vir sy opname in die hospitaal is onbekend, maar sy familie het gesê hy ontvang die beste, beskikbare mediese sorg.

Sy familie het ook gevra vir privaatheid in die moeilike tyd.

Bronne: EWN, Briefly, SABC

Lees ook: Pravin Gordhan in hospitaal opgeneem