Brekende Nuus
Afrikaans

Man met vuurwapens in hegtenis geneem naby Trump-saamtrek

Man met vuurwapens in voertuig in hegtenis geneem naby Trump-saamtrek
fotokrediet: Facebook
Man met vuurwapens in voertuig in hegtenis geneem naby Trump-saamtrek fotokrediet: Facebook

Lees ook: Tesla-voertuig raak aan die brand, vier mense dood

KALIFORNIЁ. – ‘n Man is Saterdag naby Donald Trump se saamtrek in Coachella in hegtenis geneem met onwettige vuurwapens in sy voertuig.

Die man, Vem Miller (49), is later vrygelaat na hy by ‘n veiligheidskontrolepunt voorgekeer is. ‘n Handgeweer en haelgeweer en ‘n hoëkapasiteitmagasyn is in sy voertuig gevind. Hy is in hegtenis geneem en later op borgtog vrygelaat.

Miller het gesê hy is ‘n Trump-ondersteuner en was nie van plan om hom seer te maak nie.

Bronne: BBC, The Irish Times, ABC News

Lees ook: Tesla-voertuig raak aan die brand, vier mense dood