Brekende Nuus
Afrikaans

SA se werkloosheid daal met 1.4%

Suid-Afrika se werkloosheidsyfer daal met 1.4%

fotokrediet: Canva
Suid-Afrika se werkloosheidsyfer daal met 1.4% fotokrediet: Canva

Lees ook: Werkloosheidsyfer styg tot 33.5%

Suid-Afrika se werkloosheidsyfer het in die derde kwartaal van die jaar met 1.4% gedaal.

Volgens StatsSA het die amptelike werkloosheidsyfer van 33.5% na 32.1% gedaal. Die sektore waarin meer mense werk gekry het, sluit in: gemeenskaps- en sosiale dienste, konstruksie, verkope.

Minder mense is in finansies, vervaardiging, privaat huishoudings en vervoer aangestel.

Meer mense het werk gekry in die Oos-Kaap, Wes-Kaap, Noord-Wes, Mpumalanga, Limpopo, die Vrystaat en Noord-Kaap, terwyl minder mense in Gauteng en KwaZulu-Natal aangestel is.

Bronne: StatsSA

Lees ook: Werkloosheidsyfer styg tot 33.5%