Brekende Nuus
Afrikaans

Reën vir grootste deel van land vir vandag voorspel

Reën voorspel en waarskuwings uitgereik vir vandag

fotokrediet: Canva
Reën voorspel en waarskuwings uitgereik vir vandag fotokrediet: Canva

Lees ook: Reën moontlik oor oostelike provinsies van SA tot Oukersdag

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het reën voorspel vir vandag vir die grootste deel van die land. Verskeie weerwaarskuwings is uitgereik.

’n Geel vlak 2-waarskuwing vir erge reën met moontlike oorstromings is uitgereik vir KZN, Mpumalanga, Limpopo en Gauteng. ’n Geel vlak 1-waarskuwing vir erge reën is van toepassing op die Oos-Kaap.

’n Geel vlak 2-waarskuwing vir erge donderstorms, reën en wind is vir Noord-Wes uitgereik.

Bronne: Saws

Lees ook: Reën moontlik oor oostelike provinsies van SA tot Oukersdag