Brekende Nuus
Misdaad

Uitspraak in Wilgehof-driedubbelemoordsaak uitgestel

Foto: Op lêer
Foto: Op lêer

VRYSTAAT. – Die uitspraak in die Wilgehof-driedubbelemoordsaak is Maandag in die Bloemfonteinse-hooggeregshof tot Woensdag uitgestel.

Volgens polisiewoordvoerder, lt.kol. Thabo Covane, hou die saak verband met die dood van Christo Theron (36), sy vrou Janine (35), en Janine se ma, tannie Betsie. Hul liggame is by ’n crèche in Van Heerdenstraat, Wilgehof, Bloemfontein, gevind. Anna Ntsoeu en Ronald Katleho Moroe is in verband met die moorde in hegtenis geneem.

Die saak is uitgestel omdat die prokureur wat die twee beskuldigdes aan die begin van die verhoor verteenwoordig het, nie beskikbaar was nie. Die regter het om verskoning gevra vir die ongerief wat die uitstel vir die partye en ander belanghebbendes veroorsaak het.