Deurbraak in driedubbele moord

Lees ook :

Foto: Op lêer

VRYSTAAT. – ‘n Vrou en haar kêrel is in hegtenis geneem nadat Christo Theron (36), sy vrou Janine (35) en Betsie Kruger (66), haar ma, op 29 Junie 2023 dood in Kruger se huis in Van Heerdenstr. 2, Wilgehof, Bloemfontein, aangetref is.

Kapt. Loraine Earle sê die Mangaung Metro-triotaakspan het die deurbraak na maande van ondersoek gemaak.

Die verdagtes is Vrydagoggend vroeg vir hulle beweerde betrokkenheid in JB Mafora in hegtenis geneem. Lt.genl. Baile Motswenyane het die ondersoekspan geprys.

Die verdagtes, 23 en 28 jaar oud, sal vandag op aanklag van moord in die hof verskyn. Die vrou is ook vir die oortreding van die immigrasiewet aangekla.

Lees ook hier.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief