Twee verdagtes sal vandag in die Mkhulu-landdroshof verskyn na hulle glo Woensdag ’n trok wat drank ter waarde van R450 000 vervoer het, beroof het.
’n Maatskappytrok met twee insittendes wat drank vervoer was op die R40 naby Marite Mpumalanga op pad toe ‘n groep gewapende verdagtes glo op hulle geskiet het en die trok tot stilstand gedwing het.
Die verdagtes het glo in die trok geklim en die twee mans met vuurwapens gedreig om na ’n verlate plek in die bosse te ry. Daar was glo nog ses voertuie in die bosse. Die twee mans is beveel om van die drank in die ander voertuie te laai, waarop die verdagtes gevlug het.
Twee van die verdagtes is deur die polisie in hegtenis geneem en van die drank is teruggekry. Die verdagtes is aangekla van die besit van vermoedelik gesteelde goedere en gewapende roof.
Daar word nog na die ander verdagtes gesoek en enigiemand met inligting word aangemoedig om die polisie te kontak.
Bronne: SAPS
Lees ook: Buitelander by sy huis op Burgersfort doodgeskiet