Brekende Nuus
Afrikaans

Valke konfiskeer 11 sakke dwelms by OR Tambo

Die dwelms het volgens die polisie 'n straatwaarde van ongeveer R1,5 miljoen.

(Fotokrediet: AECOM)
(Fotokrediet: AECOM)

Die Valke in Germiston is Woensdag na die OR Tambo-lughawe ontbied nadat hulle inligting ontvang het oor ‘n beweerde dwelmaflewering.

‘n Koeriermaatskappy het die polisie in kennis gestel van 11 sakke, elk 25 kg swaar, wat vermoedelik dwelms bevat.

Die pakkies is glo as onderdele in ‘n bruin houer versteek.

Volgens die polisie het die dwelms ‘n straatwaarde van ongeveer R1,5 miljoen. Die pakkies is na ‘n forensiese laboratorium gestuur vir ontleding.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.