Brekende Nuus
Afrikaans

Lauren Dickason – Driedubbele moordenares se vonnisdatum bekend

Dickason word deur lewenslange tronkstraf vir elke moord klag in die gesig gestaar.

Lauren Dickason se vonnisdatum bekend
Foto: New Zealand Herald George Heard

CHRISTCHURCH, NIEU-SEELAND. – Lauren Dickason sal in Desember 2023 gevonnis word. Dickason, ‘n voormalige Suid-Afrikaanse mediese dokter, wat deur ‘n jurie skuldig bevind is aan die driedubbele moorde in Timaru, Nieu-Seeland in 2021 op haar minderjarige dogters, Liané (6), en tweeling Mia en Karla (2), word deur lewenslange tronkstraf vir elk van die drie moordklagtes in die gesig gestaar.

Die verhoor het vyf weke geduur.

Haar vonnisoplegging sal op 19 Desember 2023 in die hof begin.

Bronne: New Zealand Herald, Daily Mail en People