Brekende Nuus
Afrikaans

Student sterf nadat sy bewusteloos gevind is

Lerisha Visser is bewusteloos deur vriendinne gevind.

Lerisha Visser
Foto: Vereeniging Junior Rugby Club

BLOEMFONTEIN. – Lerisha Visser (20) ‘n tweedejaarstudent in regte aan Eduvos in Boemfontein het Vrydagoggend gesterf nadat sy op Woensdag 20 September in Mediclinic opgeneem was.

Visser het ‘n beroerte van die breinstam gehad.

Volgens Vaalweekblad is sy bewusteloos deur vriendinne in Amelia-dameskoskhuis gevind. Hulle het met haar na Mediclinic gehaas.

Carla Steyn het in ‘n Facebook-plasing gesê Lerisha het haar bewussyn verloor en het nog nie weer wakker geword nie. Sy het gebed vir haar vriendin gevra. Gister het sy geplaas Visser is oorlede.

Visser se Alma Mater, Hoërskool Dr. Malan, het medelye teenoor haar gesin, uitgespreek.

Bronne: Vaalweekblad, Hoërskool Dr. Malan, Vereeniging Junior Rugby Club, Carla Steyn en Chene van Loggerenberg,