Brekende Nuus
Afrikaans

Hof beveel Nzimande om besluit oor Unisa-administrasie om te keer

Die hof se beslissing volg na Unisa ’n interdik teen Nzimande se besluit gekry het maar Nzimande het 27 Oktober voortgegaan met sy besluit.

Hof beveel Nzimande om besluit oor Unisa-administrasie om te keer
Hof beveel Nzimande om besluit oor Unisa-administrasie om te keer fotokrediet: Canva

Lees ook: ANC-raadslid beskuldig van verkragting moet beëdigde verklaring vir borgaansoek gee

GAUTENG. – Die Noord-Gautengse hooggeregshof het die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, beveel om sy besluit om Unisa onder administrasie te plaas, om te keer.

Die hof se beslissing volg na Unisa ’n interdik teen Nzimande se besluit gekry het maar Nzimande op 27 Oktober voortgegaan het met sy besluit.

Nzimande het prof. Ihron Rensburg as ‘n administrateur aangestel om die universiteit vir 24 maande te bestuur na ’n verslag getoon het die universiteit se raad en bestuur het toegelaat dat miljoene rande misbruik word.

Die hof het besluit Nzimande se besluit was onkonstitusioneel en onwettig. Nzimande se kantoor het gesê hy sal die beslissing in ag neem en besluit watter stappe om volgende te neem.

Bronne: IOL, EWN, The Citizen

Lees ook: ANC-raadslid beskuldig van verkragting moet beëdigde verklaring vir borgaansoek gee