Lees ook: Werkers getuig oor ritualistiese moord waarin man opgesny is ‘vir voorspoed’
VK. – Prins William gaan glo “woedend” wees oor The Crown wat die gerug dat prinses Diana swanger was toe sy oorlede is, herhaal.
William is glo sensitief oor die gerugte wat deur Mohamed Al-Fayed versprei is na sy seun, Dodi, Diana en hulle drywer, Henri Paul, in 1997 in ’n motorongeluk omgekom het.
The Sun het berig The Crown gaan maak dat die akteur wat Mohamed speel, sê in The Crown die ongeluk was ’n gevolg van ’n sameswering deur die establishment om Diana dood te maak sodat sy nie met Dodi kon trou en sy kind kon hê nie.
’n Televisiebron het gesê die storielyn sal waarskynlik vir William kwaad maak, veral aangesien vorige storielyne wat sy ma aangegaan het hom erg ontstel het.
Bronne: IOL, The Mirror, The US Sun
Lees ook: Werkers getuig oor ritualistiese moord waarin man opgesny is ‘vir voorspoed’