Brekende Nuus
Afrikaans

Phala Phala-roofverdagtes bly in aanhouding

Die verdagtes word daarvan beskuldig dat hulle miljoene Amerikaanse dollars in 20200 op president Cyril Ramaphosa se plaas gesteel het.

Phala Phala roofverdagtes bly in aanhouding
Phala Phala roofverdagtes bly in aanhouding

Lees ook: ‘Dis ’n man en ’n vrou’ sê Valke oor verdagtes in hegtenis vir Phala Phala-roof

BELA-BELA. – Die twee verdagtes in die Phala Phala-roofsaak sal Vrydag weer in die hof op Bela-Bela vir hulle borgaansoek verskyn.

Imanuwela David (39) en Frolina Joseph (30) het gister in die hof verskyn op vier aanklagtes, insluitend: huisbraak en diefstal.

Hulle word daarvan beskuldig dat hulle miljoene Amerikaanse dollars in 2020 op president Cyril Ramaphosa se plaas gesteel het.

Die verdagtes sal eers in aanhouding bly.

Bronne: eNCA, SowetanLIVE, IOL

Lees ook: ‘Dis ’n man en ’n vrou’ sê Valke oor verdagtes in hegtenis vir Phala Phala-roof