Lees ook: Twee verdagtes vir Phala Phala-inbraak en diefstal vasgetrek
BELA BELA. – Twee mense sal vandag in die landdroshof op Bela-Bela verskyn vir die huisbraak en diefstal op president Cyril Ramaphosa se plaas, Phala Phala.
Die Valke het gister die twee verdagtes in hegtenis geneem vir die diefstal op die Phala Phala-plaas in 2020 waartydens ’n onbekende bedrag geld gesteel is.
Die verdagtes is ’n man (39) en ’n vrou (30).
Dit is moontlik dat nog verdagtes in hegtenis geneem sal word vir die huisbraak en diefstal. Die verdagtes is onderskeidelik gister en Sondag in Rustenburg en Bela-Bela in hegtenis geneem.
Bronne: IOL, DFA, SowetanLIVE
Lees ook: Twee verdagtes vir Phala Phala-inbraak en diefstal vasgetrek





