Brekende Nuus
Afrikaans

Polisie bied beloning vir inligting oor twee ‘ontvoerings’ op Douglas

Die polisie in die Noord-Kaap vra inligting oor twee beweerde ontvoerings wat op Douglas gebeur het.

Polisie bied b1eloning vir inligting oor twee ontvoerings aan
Foto: ter illustrasie Canva

DOUGLAS, NOORD-KAAP. – Donovan Malan (33) aka Stalala, is glo die laaste keer gesien toe hy op 3 Julie 2023 in ‘n voertuig geklim het. Sidney Louw (19) aka Ou Booi is blykbaar op 24 Julie 2023 met geweld in dieselfde voertuig weggeneem. Beide is nooit weer gesien nie.

Lt.kol. Sergio Kock sê die polisie het ‘n beloning aangebied vir positiewe inligting wat tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van verdagtes in die twee sake sal lei.

Speur.kol. Corrie Coghlan kan met inligting by 071 686 0020 gebel word. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.