Brekende Nuus
Afrikaans

Kyk: Man op video vermoor – verdagte neem selfies by liggaam

'n Video opname versprei op sosiale media van 'n man wat sy werkskollega wreed vermoor en dan selfies neem.

Werkskollega word vermoor - video daarvan versprei
Foto: Skermgreep video @Jayden_Tha op X

Waarskuwing! Nie vir sensitiewe lesers nie!

WESTONARIA, GAUTENG. – ‘n Video waarin ‘n moord gepleeg word, word wyd en syd op sosiale media versprei. Volgens die plasings vind dit by Sibanye Stillwater Skag 7 plaas.

Kol. Dimakatso Nevhuhulwi sê die voorval het Vrydag by die Leseding-hostel waar beide die oorledene en verdagte bly, gebeur.

Die verdagte man (43) is vir die moord op sy werkskollega in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting Maandag op aanklag van moord in die Westonaria-landdroshof verskyn.

In die video kan gesien word hoe die verdagte herhaaldelik sy slagoffer met ‘n voorwerp steek. Agterna neem hy selfies by die oorledene. Laasgenoemde se ingewande is duidelik op die foto sigbaar.

Volgens plasings het die verdagte na bewering die slagoffer se kop afgesny, geskop en boonop “iets” van die ingewande geeët.

https://twitter.com/i/status/1723031075646021785