Brekende Nuus
Afrikaans

Perd uit swembad gered

'n Perd is Saterdag gered nadat dit in 'n swembad geval het.

Perd uit swembad gehaal
Foto: ECSA

MULDERSDRIFT, GAUTENG. – ‘n Perd wat Saterdag in ‘n swembad geval het, is met hulp gered.

ECSA (Emergency Control SA) sê ‘n oproep om hulp is ontvang, om die perd, wat aan ‘n lid van die gemeenskap gehoort, uit die water te haal.

Nadat die perd met geringe beserings suksesvol uit die swembad gehaal is, is dit deur ‘n veearts van Muldersdrift ondersoek.

Alle rolspelers BCI Security, GP Tactical en die veearts is vir hulle hulp bedank.