Brekende Nuus
Afrikaans

Produkte met gesondheidsrisiko op Upington vernietig

Produkte wat moontlik 'n gesondheidsrisiko kan inhou is in Upington van winkelrakke verwyder.

Produkte van winkelrakke verwyder
Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – Die polisie en gesondheidsdepartement het Maandag produkte wat ‘n gesondheidsrisiko vir verbruikers inhou op Upington vernietig.

Sers. Omphile Masegela sê daar is met ‘n inspeksie by ‘n groothandelaar op vervalste en vervalde kosprodukte wat moontlik ‘n gesondheidsrisiko vir verbruikers kan inhou, gefokus. Produkte met ‘n geskatte waarde van ongeveer R1 miljoen is vernietig.

‘n Waarskuwing word aan verspreiders en handelaars gerig om voedselveiligheid vir verbruikers ten alle tye eerste te stel. Verbruikers is op hulle beurt gewaarsku om van vervaldatums op produkte seker te maak.

Bron: SAPD