Hierdie is sowaar die lekkerste tuisgemaakte vlaresep. Heerlik oor roomys en vrugte.
Bestanddele:
- l ℓ kookwater
- ½ teelepel sout
- 2 teelepels vanieljegeursel
- 150 mℓ vlapoeier
- 1 blik kondensmelk
Metode:
- Maak vla met klein bietjie koue water aan.
- Gooi kookwater by die vlamengsel en roer goed.
- Voeg kondensmelk, vanielje en sout by en meng goed.
- Plaas dit in die yskas en laat dit goed afkoel voor jy dit bedien.
Resep deur Nonnie Coetzee
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: