Brekende Nuus
Vermiste persone

Sangeres se vermiste broer in veld gevind

Foto: Charlize Berg


Charlize Berg se tweelingbroer, Jaco van der Berg, wat vermis was, is in ‘n veld in Pretoria gevind.

Volgens Berg se opdatering op sosiale media is hy gevind, maar is daar nog min verdere inligting oor sy toestand en die omstandighede waarin hy aangetref is. Die familie sê hy het reeds jare lank met verslawing gesukkel en was ten tyde van sy verdwyning in ’n psigotiese toestand. Hulle het gevra dat daar nie aannames of spekulasie oor sy verdwyning gemaak word nie. Die familie het ook benadruk dat Aloe Valley Rehab nie vir sy verdwyning geblameer moet word nie, aangesien die rehabilitasiesentrum volgens ’n spesifieke benadering en beleid funksioneer.

Die familie het hul dank uitgespreek teenoor almal wat gehelp het om na hom te soek, die inligting gedeel het, boodskappe gestuur het en saam met hulle gebid het. Hulle vra nou dat hul privaatheid, en veral dié van die betrokkene⁷, gerespekteer word terwyl hulle die volgende stappe hanteer.