Video in berig
BEIJING. – Joanna Wietrzyk, die Australiese HYROX-atleet, het die naweek die Pro-vrouewedloop in Beijing gewen ondanks diarree tydens die wedloop. Dit het ‘n debat tot gevolg gehad oor die grens tussen deursettingsvermoë en die veiligheid en higiëne van ander deelnemers in hierdie soort kompetisies.
Volgens news.com.au het Wietrzyk die wedloop in sowat 1 uur en 1 minuut voltooi en die eerste plek behaal. Die voorval het opslae op sosiale media gemaak nadat video’s van die wedloop versprei is waarin ontlasting aan haar bene en op dele van die baan en toerusting gesien kon word. Die debat het nie net oor Wietrzyk se besluit om deur te druk, gegaan nie, maar ook oor hoe die organiseerders die situasie hanteer het. HYROX China het volgens berigte gesê die geraakte area is afgesper en ontsmet en dat besmette toerusting verwyder is.
Wietrzyk het ná die wedloop op sosiale media gereageer met die woorde: “A win is a win.” Sy het ook haar ondersteuners bedank.