Brekende Nuus
Nuus

Ricus en Liza Nel stel eerste duet bekend

Foto: Hendri Fourie

Die Suid-Afrikaanse sangpaar Ricus en Liza Nel het vir die eerste keer ’n liedjie saam opgeneem. Ek Het Nie, wat deur Liza geskryf is, handel oor liefde, verwerping, verlies en die pad na genesing wanneer iemand wat jy liefhet, besluit om uit jou lewe te stap.

Fanie Nel van die Coleske Groep sê volgens Ricus en Liza het die liedjie uit ’n persoonlike ervaring ontstaan wat aanvanklik te seer was om oor te praat. Hulle sê tyd bring egter genesing en vergifnis, wat dit mettertyd makliker maak om die ervaring te verwerk en daaroor te skryf. Hoewel die liedjie persoonlik is, kan dit ook aanklank vind by mense wat al ’n gebroke verhouding, die einde van ’n vriendskap of die afwesigheid van ’n familielid ervaar het.

Die musiekvideo vir Ek Het Nie is doelbewus eenvoudig gehou om die liedjie se boodskap en emosie die middelpunt te maak. Die twee hoop dat luisteraars hul eie ervarings daarin sal herken en moontlik troos en genesing sal vind.

Kry Ek Het Nie hier op alle stromingsdienste.