Brekende Nuus
Nuus

SAMTEA stel nuwe vloot elektriese e-taxi’s bekend

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Die Suid-Afrikaanse Metertaxi- en E-dienstevereniging (SAMTEA), ’n geaffilieerde organisasie van die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad (SANTACO), stel Dinsdag 20 Oktober ’n nuwe vloot elektriese e-taxi’s bekend. Die projek, genaamd “Electrified by SAMTEA”, word in samewerking met BYD, Bolt en C-Track aangebied en is daarop gemik om elektriese vervoer en volhoubare mobiliteit in Suid-Afrika se e-sektor te bevorder.

Volgens SAMTEA is die inisiatief ’n stap in die rigting van groter innovasie en nuwe geleenthede in die taxi- en e-taxibedryf. Die bekendstelling vind van 14:00 tot 16:00 by BYD Sandton, Rivoniaweg 126, Sandown, Sandton, plaas.