Brekende Nuus
Nuus

Polisie sê bestuurder in aanhouding nadat polisievrou sterf

Foto: atRest Undertakers

NOORDWES. – Akilesh Gupta (23), die bestuurder van ‘n BMW-sportnutsvoertuig, is ná ‘n voorlopige ondersoek in hegtenis geneem nadat AO Eunice Nortman (53) dood is nadat sy Maandag 19 Oktober deur ’n voertuig getref is. Nortman was verbonde aan misdaadintelligensie in die Noordwes. Gupta het Woensdag in die Lichtenburg-landdroshof verskyn en bly in aanhouding tot hy weer op 27 Oktober in die hof moet voorkom.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê die voorval het gebeur terwyl Nortman die straat by die Lichtenburg-mall in Dr. Nelson Mandelarylaan aan die oorsteek was. Nortman was aan diens en het ernstige beserings opgedoen. Nooddienste het haar hospitaal toe vervoer, waar sy later die aand aan haar beserings beswyk het. ‘n Moordsaak word ondersoek, terwyl verdere aanklagte oor ‘n beweerde oortreding van immigraiewetgewing ook oorweeg word.

Lt.genl. Arthur Peter Adams, provinsiale kommissaris, het sy medelye met Nortman se familie, vriende en kollegas uitgespreek. Volgens die polisie word ’n moordsaak ondersoek, terwyl verdere aanklagte oor ’n beweerde oortreding van immigrasiewetgewing ook oorweeg word. Adams het ook ’n beroep op die publiek gedoen om nie kringtelevisiebeeldmateriaal of ander video’s van misdaadvoorvalle op sosiale media te versprei nie, aangesien dit ’n ondersoek kan benadeel. Hy het mense aangemoedig om enige relevante beeldmateriaal of inligting direk aan die ondersoekbeamptes te oorhandig.