Brekende Nuus
Nuus

Koalisieriglyne uitgereik – 138 munisipaliteite het nie volstrekte meerderheid

Foto: Ter illustrasie

Velenkosini Hlabisa, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het Woensdag riglyne vir munisipale koalisies uitgereik om dienslewering tydens politieke oorgange te beskerm. In 138 metro- en plaaslike munisipaliteite, ongeveer 65% van dié rade, het geen enkele party in die verkiesing op 4 November ’n volstrekte meerderheid behaal nie.

Pearl Maseko-Binqose, woordvoerder van die minister, sê die riglyne gee politieke partye en munisipaliteite praktiese leiding oor hoe om koalisies te bestuur en geskille te besleg. Die riglyne moedig partye aan om skriftelik ooreen te kom oor hul beleidsprioriteite, die verdeling van politieke verantwoordelikhede en hoe hulle besluite sal neem. Besluite oor administratiewe aanstellings, verkryging en die toekenning van tenders, bly by diegene wat ingevolge wetgewing daarvoor gemagtig is.

Hlabisa het beklemtoon dat koalisieonderhandelinge geen uitstel vir die eerste raadsvergadering bied nie. Metro- en plaaslike rade moet hul eerste vergadering hou binne 14 dae ná die publikasie van die kennisgewing in die Staatskoerant waarin die verkose raadslede se name verskyn.

Druk hier om meer te lees.