Brekende Nuus
Nuus

Bakkie beland teen paal tydens ongeluk

Foto: HEMS

NOORDWES. – Een persoon het Saterdag matige beserings opgedoen toe ’n bakkie ná ’n enkelvoertuigongeluk op die Wagpospad aan ’n paal vasgesit het.

Hartbeespoort Emergency Medical Services (HEMS) sê sy mediese span het die beseerde op die toneel behandel en daarna vir verdere behandeling na ’n hospitaal in Brits geneem. HEMS het motoriste gevra om hul snelheid by padtoestande aan te pas, nie hulle aandag te laat aflei nie en altyd veiligheidsgordels te dra.