OOS-KAAP. – Die Port Alfred-landdroshof het Xolelwa Kongwana (35) Woensdag 18 November aan bestuur onder die invloed van alkohol skuldig bevind en tot ’n boete van R6 000 of ses maande gevangenisstraf gevonnis. Die helfte van die vonnis, R3 000 of drie maande gevangenisstraf, is opgeskort.
Kapt. Marius McCarthy, polisiewoordvoerder, sê die polisie in die Sarah Baartman-distrik verwelkom die skuldigbevinding en vonnis. Die distrikskommissaris het speursersant Bisani vir die ondersoek geprys en gesê die polisie sal voortgaan om teen dronkbestuur op te tree om padgebruikers se veiligheid te bevorder.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: