GAUTENG. – Vlak 2-waterbeperkings tree vandag (Saterdag 21 November) regoor Johannesburg in werking.
Johannesburg Water sê die stad moet sy waterverbruik met 200 miljoen liter per dag verminder om reservoirvlakke te help herstel. Die beperkings geld vir huishoudings, ondernemings, instellings en munisipale diensverskaffers. Die gebruik van munisipale drinkwater om tuine, grasperke, parke en ander openbare ruimtes nat te lei, is te alle tye verbode. Inwoners mag dit ook nie gebruik om opritte, plaveisel en sypaadjies af te spuit of bousand nat te maak nie.
Motoriste word aangemoedig om ’n emmer te gebruik wanneer hulle voertuie was. Die goedgekeurde Vlak 2-watertariewe tree op 1 Desember in werking. Die beperkings bly tot verdere kennisgewing van krag.
Bronne: Johannesburg Water, Stad Johannesburg