Brekende Nuus
Nuus

Reserwebank hou repokoers op 7,25%

Foto: SA Reserwebank

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het Donderdag die repokoers onveranderd op 7,25% gelaat.

Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, sê vier lede van die monetêrebeleidskomitee het gestem om die koers onveranderd te laat. Drie was ten gunste van ’n verhoging van 25 basispunte, oftewel ’n kwart persentasiepunt.

Volgens die bank staan inflasie op 5,2%, met hoë brandstofkoste as ’n groot dryfveer. Die bank verwag dat inflasie tot vroeg volgende jaar bo 5% sal bly. Kganyago sê droë toestande wat met El Niño verband hou, kan oeste benadeel en voedselpryse laat styg. Die volgende rentekoersbesluit word op 28 Januarie 2027 bekendgemaak.

Bron: Reserwebank