Brekende Nuus
Nuus

Brown Mogotsi van meineed aangekla ná getuienis voor Madlanga-kommissie

Foto: Brown Mogotsi

GAUTENG. – Brown Mogotsi is Maandag 23 November formeel van meineed aangekla nadat hy na bewering opsetlik vals verklarings onder eed voor die Madlanga-kommissie van ondersoek afgelê het. Hy sal na verwagting vandag in die Pretoria-landdroshof verskyn.

Brig. Athlena Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê die aanklag hou onder meer verband met Mogotsi se bewering dat hy as ’n kontakagent vir misdaadintelligensie gewerk het. Hy het dié bewering in sy beëdigde verklaring én in sy mondelinge getuienis voor die kommissie gemaak.

Dié Noordwes-sakeman is in Mei 2026 in hegtenis geneem nadat hy voor die Madlanga-kommissie getuig het. Soos Nuusflits destyds berig het, hou dié saak verband met ’n skietvoorval op 3 November 2025 in Vosloorus. Mogotsi het aan die polisie gesê dat hy agternagesit is en dat insittendes van ’n bakkie op hom geskiet het. Volgens die NVG het hy glo self op sy voertuig geskiet. Hy staan in dié saak onder meer tereg op aanklagte van meineed en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Lees die vorige Nuusflits-berig