Mogotsi verskyn in hof ná beweerde gefabriseerde sluipmoordpoging

Lees ook :

Foto: Facebook

GAUTENG. – Oupa Brown Mogotsi, berugte sakeman, het vandag op verskeie aanklagte wat verband hou met ‘n beweerde gefabriseerde sluipmoordpoging op Vosloorus in die Johannesburg-landdroshof verskyn.

Magaboke Mohlatlole, NVG-woordvoerder, sê Mogotsi het op 3 November 2025 vir die polisie gesê dat hy tydens ‘n rit op Vosloorus agternagesit is, waarop insittendes van ‘n bakkie glo na hom geskiet het. ‘n Ondersoek is onmiddellik van stapel gestuur en volgens volgens ondersoekers het Mogotsi sy voertuig doelbewus tot stilstand gebring. Hy het glo van sy voertuig weggestap en self daarna geskiet. Hy staan ook op aanklagte van meineed tereg, nadat hy glo ‘n vals beëdigde verklaring voor ‘n kommissaris van ede afgelê het. Verdere aanklagte sluit die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie, asook die afvuur van ‘n vuurwapen in ‘n beboude gebied in.

Die staat het ‘n sewe-dae uitstel gevra om Mogotsi se woonadres vir borgtog-doeleindes te bevestig. Die saak is tot 25 Mei uitgestel. Hy bly in aanhouding.

Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, het gesê ‘n J 50 lasbrief vir sy inhegtenisneming is Vrydagaand bekom. ‘n Voorlopige ondersoek het aangedui dat ‘n vuurwapen wat deur die verdagte gebruik is, dalk verband hou met ander sake, wat moord en poging tot moord insluit.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief