Waarskuwing! Video in berig kan sensitiewe lesers ontstel.
WES-KAAP. – ’n Uber-bestuurder is Dinsdag 24 November in Blesbokweg in Lotusrivier, Kaapstad, beroof en met ’n mes gesteek. Die voorval is op ’n Cartrack-video vasgelê wat wyd op sosiale media gedeel word.
Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits die Grassy Park-polisie is bewus van die voorval, maar geen strafsaak is nog geopen nie. Die polisie doen ’n beroep op die slagoffer om ’n saak by die naaste polisiekantoor te open sodat die voorval ondersoek en die verantwoordelikes vervolg kan word.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: