Brekende Nuus
Nuus

Mans in hof oor moord op Riebeek-Wes-kunstenaar Tamlin Blake

Foto: Tamlin Blake

WES-KAAP. – Ronnie Van Willigh (32) en Pedro Fryster (31) het Donderdag 26 November in die Riebeek-Wes-landdroshof op aanklagte van moord en die besit van gesteelde eiendom voorgekom. Die hofverskyning kom nadat hulle die kunstenaar Tamlin Blake (51) glo op 22 November met ’n skerp voorwerp doodgeslaan het. Soos voorheen berig is Blake se liggaam onder ‘n bebloede mat aangetref.

Eric Ntabazalila, NVG-woordvoerder, sê die staat beweer die twee mans het Blake verskeie kere met ’n skerp voorwerp oor die kop geslaan. Volgens die staat is Blake se selfoon en die omhulsel in hul besit gevind. Die beskuldigdes het regshulp aangevra en die saak is tot 1 Desember uitgestel sodat ’n regshulpprokureur in die hof teenwoordig kan wees.