WES-KAAP. – Die Wes-Kaap-hooggeregshof het Donderdag die saak teen 11 lede van die polisie se teenbende-eenheid wat van die moord op die 41-jarige Wade Price beskuldig word, tot 22 April 2027 uitgestel. Price is in 2025 dood.
Lizzy Suping, Opod-woordvoerder, sê die polisiebeamptes staan tereg op aanklagte van marteling, regsverydeling, aanranding met die opset om ernstig te beseer, asook moord. Al 11 is op borgtog vry en sal op 22 April vir ’n voorverhoorkonferensie in die hof verskyn.
Daar word beweer dat Price naby die Athlone-landdroshof tydens ’n ondervraging oor ’n moord wat die vorige week plaasgevind het, gesterf het. Die polisie het aanvanklik aangedui dat hy oor oorpyn gekla en daarna inmekaargesak het.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: