Aandmark saam met patrollie op Kathu gehou

Lees ook :

AfriForum se Kathu-tak het op 8 Maart 2019 ’n aandmark by die Kalahari Country Club (KCC)-terrein gehou, terwyl dié tak ook aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem het.

Hesti Steenkamp, ’n woorvoerder van AfriForum sê: “Vrywilligers het Vrydagaand by die terrein bymekaargekom om aan AfriForum se nasionale patrollie deel te neem en verskeie uitstallers het ook van dié geleentheid gebruik gemaak om hulle produkte te verkoop.”

“Die aand was ’n reuse sukses en die gemeenskap het dit baie geniet. Ons doen ’n beroep op die gemeenskap om by ons projekte betrokke te raak – dit is tog ten gunste van die hele gemeenskap,” sê Gonda Louw, distrikskoördineerder vir die Kalahari.

“Die volgende persone en instansies het ’n groot bydrae tot die aand se sukses gemaak: Just Water, Talisman Hire, Jan Kruger, JWC Sekuriteit, Wickus Joubert, KCC, al die uitstallers en ook die AfriForum-buurtwag en -buurtwagbestuur. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens was ook by die aand se verrigtinge betrokke,” verduidelik Steenkamp.

Kathu-buurtwag onthul nuwe Voortrekkerwapen

Die Kathu-buurtwag het verder op Saterdag 9 Maart 2019 die plaaslike Voortrekkers se kampterrein besoek vir die onthulling van hul nuwe Voortrekkerwapen en die kamp se hindernisaktiwiteite.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief