Toyota Suid-Afrika bly borg by Afrikaans is Groot

Lees ook :

“Ons handelsmerk wil nie met ‘verdeelde elelmente’ geassosieer word  nie,” so sê Toyota Suid-Afrika in ‘n verklaring.

Dit kom kort nadat MTN hulle bande met Afrikaans is Groot (AIG) verbreek het weens die gewilde sanger, Steve Hofmeyr.

Toyota het in die verklaring gesê dat die maatskappy ‘n kontraktuele ooreenkoms met AIG as entiteit het en steun nie individuele kunstenaars wat aan AIG deelneem nie.

Die maatskappy het die verklaring uitgereik na ‘n storm op sosiale media losgebars het oor Hofmeyr se betrokkenheid by die produksie en MTN se onttrekking.

Volgens die verklaring het Toyota Suid-Afrika met die bestuur van AIG vergader en dit duidelik gemaak dat die handelsmerk nie betrokke wil raak waar instansies verdeeld is nie.

“Toyota Suid-Afrika verwag dat die bestuur van AIG in die toekoms meer bewus sal wees van die kunstenaars wie se betrokkenheid by die geleentheid tot verdeelheid kan lei.”

Hulle se verder dat hulle beslissend optree in die ooreenstemming met dit waarvoor die organisasie as goeie korporatiewe burger staan.

“Toyota Suid-Afrika wil dit beklemtoon dat hy verskeie vertonings en byeenkomste oor verskillende kulturele spektrums, sonder enige vooroordeel, ondersteun.”

Toyota Suid-Afrika sê verder dat hulle graag hulle klante en Suid-Afrikaners gerus wil stel dat hy vrede en eenheid in die land onder alle mense wil bevorder en dat hy nie enige mens of entiteit  ondersteun wie se sienings en sentimente gesien kan word as iets wat verdeling veroorsaak nie.”

Toyota en MTN is die afgelope naweek by die AIG konserte bedank vir hulle borgskappe.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App