Maklike Rice Krispie-koekies resep

Lees ook :

Is jy opsoek is na ‘n vinnige, maklike en goedkoop lekkerny vir jou kinders? Hierdie resep is perfek! Rice Krispies is nie net ‘n boks pap nie, jy kan ook heerlike koekies daarvan maak.

Hier is die resep stap-vir-stap.

Jy benodig die volgende bestandele:

  • 6 eetlepels botter
  • 6 koppies malvalekkers (marshmallows)
  • 1 boks Rice Krispies pap

Verhit ses teelepels botter op medium hitte op die stoof.

Sodra die botter heeltemal gesmelt is, voeg die malvalekkers in die pot.

Roer stadig en deeglik totdat al die malvalekkers gesmelt is. Indien jy wil kleursel byvoeg, om die koekies ‘n spesifieke kleur te maak, voeg dit nou by.

Draai die hitte van die stoof af. Voeg ses koppies Rice Krispies in die pot. Indien jy sien dis te min, voeg nog ‘n koppie by.

Meng deeglik totdat al die Rice Krispies bedek is met die malvalekkers.

Skep die Rice Krispies in ‘n glasbak.

Druk die Rice Krispies sodat dit gelyk is in die glasbak.

Los vir 15-20min sodat dit kan afkoel en sny dit dan in blokkies.

Geniet dit!


Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App