Aangehoudene wat glo uit Pollsmoor ontsnap, weer vas

Lees ook :

Foto: Department van Korrektiewe Dienste

WES-KAAP. – Yanga Wayithi (35), wat uit Pollsmoor-gevangenis ontsnap het, is veilig terug agter tralies. Wayithi dien ‘n ses maande vonnis vir diefstal en betreding uit en is deel van diegene wat die fasiliteit se gronde in stand hou.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder vir korrektiewe dienste, het aan Nuusflits bevestig Wayithi is omstreeks 01:30 vanoggend (Woensdag) weer in hegtenis geneem. ‘n Volskaalse soektog is geloods en Wayithi sal nou addisioneel vir ontsnapping vanuit wettige aanhouding aangekla word.

Makgothi Thobakgale, die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, het die vinnige optrede deur wetstoepassingsowerhede en beamptes wat met die herinhegtenisneming betrokke was, geprys.

““Hierdie arrestasie bevestig weer ons verbintenis tot die handhawing van die integriteit van die korrektiewe stelsel. Ons bly vasbeslote om te verseker dat alle oortreders aanspreeklik gehou word en openbare veiligheid bly ons topprioriteit,” het Thobakgale gesê.

‘n Ondersoek word gedoen om die omstandighede van die ontsnapping te ondersoek.

“Toepaslike maatreëls sal getref word teen enige foute wat geïdentifiseer is. Daarbenewens, word sekuriteitprotokol by Pollsmoor Korrektiewe Sentrum hersien om soortgelyke voorvalle in die toekoms te voorkom,” sê Nxumalo.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief