Brekende Nuus
Afrikaans

Aanklaers beveel kriminele klagtes aan teen Boeing oor ongelukke

Aanklaers beveel kriminele klagtes teen Boeing aan oor vliegtuigongelukke

fotokrediet: Canva
Aanklaers beveel kriminele klagtes teen Boeing aan oor vliegtuigongelukke fotokrediet: Canva

Lees ook: Slagoffers van Boeing-ongelukke se familie eis groot boete

VSA. – Aanklaers het aanbeveel kriminele klagtes moet teen Boeing gebring word na twee vliegtuigongelukke in 2018 en 2019.

Die aanklaers het die aanbeveling gemaak na bevind is Boeing het die ooreenkoms aangaande die ongelukke oortree. Boeing moes in 2021 ‘n skikking betaal en verslae indien asook hulle praktyke hersien om te keer dat hulle oor die ongelukke aangekla word.

‘n Stelsel op die 737 MAX-vliegtuig het twee ongelukke in 2018 en 2019 veroorsaak. Boeing het die stelsel eers na die tweede ongeluk herstel.

Die Amerikaanse departement van justisie sal teen 7 Julie besluit of Boeing aangekla gaan word en wat die aanklagtes sal wees.

Bronne: Daily Mail, Fox News, CBS News

Lees ook: Slagoffers van Boeing-ongelukke se familie eis groot boete