Aanklaers beweer Charlie Kirk-verdagte het nota vir kamermaat oor moord gelos

Lees ook :

Aanklaers beweer Charlie Kirk-verdagte het nota vir kamermaat oor moord gelos fotokrediet: X

VSA. – Aanklaers het gister beweer die Charlie Kirk-moordverdagte, Tyler Robinson, het ‘n nota vir sy kamermaat gelos waarin hy gesê het hy gaan Kirk vermoor.

Lees ook: VSA wil buitelanders deporteer wat moord op Charlie Kirk vier

Robinson het na bewering vir sy kamermaat, met wie hy glo in ‘n romantiese verhouding was, ‘n nota gelos waarin hy geskryf het: “Ek het die kans om Charlie Kirk uit te vat en ek gaan dit neem”. Die aanklaer, Jeffrey Gray, het boodskappe gedeel tussen Robinson en die kamermaat, waarin hy glo gesê het hy het Kirk geskiet, want hy het “genoeg gehad van sy haat”.

Robinson het gister virtueel in die Utah-hof voorgekom waar hy aangekla is op sewe aanklagtes, insluitend moord, die afvuur van ‘n vuurwapen, obstruksie van die reg, die beïnvloed van getuies en die uitvoer van ‘n geweldaddige misdryf terwyl kinders in die omgewing is. Die aanklaers het gesê dit wil die doodstraf vir die moord op Kirk hê.

Bronne: BBC, CBS News, The Independent

Lees ook: VSA wil buitelanders deporteer wat moord op Charlie Kirk vier

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

One Response

  1. Die hele Charlie Kirk saga is nie net hartseer nie maar ook ernstig vir dit wat in my kerk (NGK) aangaan. Charlie Kirk was ‘n moderne Stefanus. Vir die (nuwe) NGK wat homoseksualisme nou as selfs ‘n “gawe” aanvaar het, moet hierdie traumatiese gebeure hulle weer ‘n slaggie laat dink want hulle het reeds predikante wat soos Charlie glo en werk, geskors. (Laat mens dink ne?)

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief