Aanklaers oorweeg verdere aanklagtes teen Lucy Letby

Lees ook :

Aanklaers oorweeg verdere aanklagtes teen Lucy Letby fotokrediet: X

VK. – Aanklaers het gesê verdere aanklagtes word oorweeg teen die voormalige verpleegster Lucy Letby wat tussen 2015 en 2016 sewe babas doodgemaak het en nog sewe probeer doodmaak het.

Lees ook: Voormalige base van vrou wat babas in hospitaal vermoor het, in hegtenis geneem

Die aanklaers het bevestig dit het bewyse ontvang van die Cheshire-polisie aangaande voorvalle by die Countess of Chester-hospitaal en Liverpool-vrouehospitaal waar Letby opleiding ontvang het.

Cheshire se polisie het gesê dit het voorvalle ondersoek van tot 2012 toe Letby opleiding in Liverpool ontvang het en dat dit ’n lêer met inligting oor die “ondersoek aangaande die dood en siekte van babas in die neonatale eenhede in die Countess of Chester hospitaal en die Liverpool-vrouehospitaal” aan die aanklaers oorhandig het.

’n Woordvoerder van die aanklaers het gesê dit gaan die bewyse deurwerk om te besluit of verdere aanklagtes teen Letby gebring gaan word.

Letby is 15 lewenslange tronkstrafvonnisse opgelê, maar hou vol sy is onskuldig.

Bronne: BBC, Sky News, ABC News

Lees ook: Voormalige base van vrou wat babas in hospitaal vermoor het, in hegtenis geneem

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief