Aanklagte teen verdagte in Macahaka Radebe-moordsaak teruggetrek

Lees ook :

Foto: SAPD

VRYSTAAT. – Ntlantla Jozi is vry nadat aanklagte van die ontvoering en moord op Machaka Radebe (16) in die Bloemfontein-distrikshof teen hom teruggetrek is.

Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder vir die NVG, sê die senior staatsaanklaer het Radebe se familie van die besluit ingelig. Radebe is op 2 Desember 2023 as vermis aangemeld. Haar liggaam is twee dae later in ‘n veld naby haar ouerhuis gevind. Sy is vermoor.

Lehlohonolo Thomas Rankuotsana en Ntlantla Jozi is in hegtenis geneem. Klagtes teen Rankuotsana is in Januarie deur die hof teruggetrek.

Senokoatsane sê die Mangaung-gemeenskap moet besef die terugtrek van klagtes teen verdagtes beteken nie die saak is teruggetrek nie.

Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief