Aanklagtes teen een van die beskuldigdes in Thabo Bester-saak laat vaar

Lees ook :

Aanklagtes laat vaar teen een van die beskuldigdes in Thabo Bester-saak fotokrediet: X Skermgreep

BLOEMFONTEIN. – Aanklagtes teen die voormalige G4S-werknemer, Motanyane Masukela, is onttrek en hy is vrygelaat. Masukela was aan diens toe Thabo Bester uit die Manguang-tronk ontsnap het.

Lees ook: Hof beveel Nandipha Magudumana se pa om regsverteenwoordiger te kry

Aanklaer Amanda Bester het tydens vandag se voorverhoor gesê die aanklagtes teen Masukela word onttrek en hy “kan in vrede gaan”. Dit is onbekend hoekom die aanklagtes teen hom onttrek is.

Thabo Bester, Nandipha Magudumana en nog ses medebeskuldigdes sal steeds verhoor word vir Bester se ontsnapping. Die saak is tot 19 September uitgestel.

Bronne: eNCA, Briefly, TimesLIVE

Lees ook: Hof beveel Nandipha Magudumana se pa om regsverteenwoordiger te kry

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief