Hof beveel Nandipha Magudumana se pa om regsverteenwoordiger te kry

Lees ook :

Hof beveel Nandipha Magudumana se pa om regsverteenwoordiger te kry fotokrediet: X

BLOEMFONTEIN. – Die Vrystaatse hooggeregshof het Zolile Sekeleni, Nandipha Magudumana se pa, beveel om ’n regsverteenwoordiger te kry. Dit volg na Sekeleni gesê het Legal Aid het sy aansoek om verteenwoordiging verwerp en dat hy nie die regsfooie kan bekostig nie.

Lees ook: KYK: Thabo Bester en medebeskuldigdes vandag weer in hof

Die hof het hom beveel om regsverteenwoordiging te kry en dat die saak sal voortgaan met of sonder regsverteenwoordiging vir hom. Sekeleni sal na verwagting teen Legal Aid se besluit om sy aansoek te verwerp, appelleer.

Thabo Bester, Nandipha Magudumana en hulle sewe medebeskuldigdes is vandag in die hof vir ’n voorverhoor.

Hulle word aangekla van bedrog, regsverydeling, korrupsie, ontsnapping uit die tronk en mishandeling van ’n liggaam.

Bronne: SABC, EWN, Newzroom Afrika

Lees ook: KYK: Thabo Bester en medebeskuldigdes vandag weer in hof

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief