JOHANNESBURG. – Die NVG het voorwaardelik die bedrogaanklagte teen die voormalige burgemeester, Kabelo Gwamanda, en sy medebeskuldigde, Mduduzi Zondo, onttrek.
Lees ook: Kabelo Gwamanda op spesiale verlof geplaas
Die twee het vandag in die Protea-landdroshof voorgekom waar die staat die aanklagtes voorwaardelik teen hulle onttrek het. Die staat kon nie ’n saakgereedheidsertifikaat kry nie, wat veroorsaak het dat die saak nie nou kan voortgaan nie.
Gwamanda en Zondo is beskuldig daarvan dat hulle Soweto-inwoners tussen 2011 en 2012 oortuig het om geld vir ’n begrafnispolis te betaal. Die inwoners het nooit hulle voordele ontvang vir die polisse wat hulle uitgeneem het nie.
Bronne: eNCA, EWN, Jacaranda FM





