Aanvallers gevonnis na moord op bejaarde

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Gert Burger (64) is op 23 Februarie 2019 by sy huis in Reitzstraat, Kroonstad, deur twee mans oorval en vermoor, waarna sy liggaam in ‘n swart sak versteek is. Pheello Rakaki (24) en Ahtony Tsopo (21) is op aanklagte van moord en roof skuldig bevind en is Donderdag gevonnis.

Kapt. Loraine Earle sê die oorledene is op die betrokke dag ongeveer 10:40 in sy motorhuis aangeval, wat tot sy dood gelei het. Sy liggaam is daarna in ‘n swart plastieksak toegedraai en onder sy motor versteek.

Martie Burger, Burger se bedlêende vrou, is deur die aanvallers in haar kamer toegesluit, waarna hulle met motorsleutels van die toneel gevlug het. Mev. Burger het ‘n paniekknoppie vir Corcom-sekuriteit geaktiveer, waarna die polisie na die toneel is wat deur die plaaslike kriminele rekordsentrum vir leidrade gefynkam is. Die voorlopige ondersoek het tot die opspoor en arrestasie van Rakaki en Tsopo gelei.

Earle sê die verhoor het op 18 November 2024 begin en is op 27 November afgesluit. Rakaki is lewenslank vir moord gevonnis en vir roof met verswarende omstandighede ‘n verdere 25 jaar. Tsopo is lewenslank vir moord en ‘n verdere 10 jaar tronkstraf vir roof met verswarende omstandighede gevonnis.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief