JAPAN. – ‘n Aardbewing van 6.9 het omstreeks 09:54 (Japanse tyd) in die see aan die ooskus van Kyushu plaasgevind.
Japan Meterological Agency het die voorval op die webtuiste gedeel en sê die aardbewing was 30 km diep.
Die waarskuwing van ‘n tsunami is uitgereik met geen tekens van groot skade wat dadelik aangemeld is nie. Operateurs van kernaanlegte het vir skade gekyk en volgens die openbare televisienetwerk het vensters by die Miyakazi-lughawe gebreek.
Deinings met ‘n hoogte van 1 meter is langs die suidelike kus van Kyushu en die nabygeleë eiland van Shikoku voorspel.
Bronne: Japan Meterological Agency, The Guardian en The New York Times

